SEEFF SUID-KAAP spog met 'n nuwe kantoor in Pearly Beach. Groot makietie is by die Rooi Bier gehou en eregaste was mnr Ian Badenhorst, Besturende Direkteur vir Seeff Suid-Kaap en sy vrou Barabara, asook DA Raadslid, mnr Dudley Coetzee en sy vrou, Shirley.
Volgens mnr Cornie Swart, Besturende Direkteur vir Seeff in die Groter Gansbaai, is alle aanduidings van 'n wesenlike groei vir Pearly Beach in die vooruitsig. Hoë huispryse in nabye dorpe soos Stanford, De Kelders, Gansbaai en Franskraal maak Pearly Beach meer en meer aantrekliker vir Aftree- en Eerste huiskopers. Die kantoor sal bestuur word deur Dawid Kunneke en word bygestaan deur sy vrou, Janine, wat verhurings sal behartig.
Dawid en Janine is oorspronklik van die Laeveld in Mpumalanga en het meer as 30 jaar ondervinding in die eiendombedryf. Hulle liefde vir die Kaap het ontstaan toe Dawid in 1986 by die Ovcon groep BELANDIA HOMES in Kaapstad, sy debuut in die bedryf gemaak het. Hy was later Verkoopsbestuurder vir onder andere SAGE SCHACHAT CULLUM en die laaste twee jaar vir die JUST PROPERTY GROUP aan die Suidkus van Natal.
“Die vriendelike mense, die kultuur, die natuur en lewenskwaliteit van Pearly Beach en die Overstrand het ons verower! Hier trek ek nie!,” sê Dawid.
SEEFF MAAK KANTOOR OOP IN PEARLY BEACH
30 July 2015Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.













