Tydens die WP Skietkampioenskappe het Johan van der Mescht van Franskraal uitstekend presteer. Hy het aan 8 items deelgeneem, naamlik 6 geweer-items en 2 pistool-items - met al 8 items wat vanuit ‘n staande posissie geskiet is. Die kompetisie het oor ‘n tydperk van 3 dae plaasgevind.
“Hoewel die wind die toestande vir skiet baie bemoeilik het, is daar uitstekende tellings geskiet,” sê Johan. “Elke item behels die skiet na 40 teikens op verskillende afstande.”
Johan se uitslae is soos volg: die 4-geweer teleskoop-afdeling - 3 tweede plekke en 1 eerste plek, asook ‘n algehele tweede plek in die groot totaal; die 2-geweer oopvisier-afdeling - 2 eerste plekke, asook die algehele eerste plek in die groot totaal; met die gekombineerde tellings van die 2-geweer teleskoop- en oopvisier-afdelings - ‘n algehele eerste plek.
Wat hierdie uitslae besonders maak, is die feit dat Johan tydens al die items met dieselfde geweer geskiet het. In die 2 pistool-items waaraan hy deelgeneem het, het hy onderskeidelik ‘n eerste- en ‘n derde plek behaal. Johan kwalifiseer nou om aan die Nasionale Proewe deel te neem, met die oog op die Wêreld Kampioenskappe in 2016.
Johan haal WP-Skietspan
17 September 2015Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.












