“Lekker” nuus? By Gansbaai se hawemuur is ‘n paar mooi witsteenbrasse gevang. Seker ou nuus vir sommiges en dalk te laat vir die wat wat ook ‘n paar krewels of wurmpies gereed hou vir hierdie uitsonderlik lekker hengelvis. Dis egter hierdie tyd van die jaar en op enige tyd kan die vis op enige plek gesig wys. Wees daar, sorg dat jou aas en jou gesindheid reg is, en jy weet nooit nie! Steeds word die kabeljoutjies gevang en dis nog die amperbootjies wat die septer swaai terwyl die groter bote tweede viool moet speel. Daar is heelwat manne wat heel tevrede is met die kreefvangery en indien jy kan opspoor waar om te gaan netgooi is om kwota te kry nie so ‘n groot prestasie nie. Ek dink tog, dat behalwe in ‘n paar gevalle, die kreefgrootte maar middelmatig is. Met die stel van die nette is daar ‘n paar faktore om in gedagte te hou: die gulde reël is, moet tog nooit jou net te naby laat sak aan enige iemand anders s’n nie.
Dis net eenvoudig nie goeie maniere nie en kan boonop baie probleme veroorsaak. Nog ‘n reël -- jou tou móét lank genoeg wees om te verhoed dat die net nie lig in die stroom nie, maar asb. asb. nie onnodig lank nie, in gekleurde water gáán iemand oor jou tou ry, met onaangename gevolge. Daar is sommer baie mense wat hierdie vakansieseisoen wil sorg dat hulle ook ‘n “site” op een van die bote kry en daar is wel min ander ervarings wat soveel satisfaksie gaan gee. Vir die wat nie gereeld op die see kom nie is seesiekte ‘n groot waarskynlikheid, maar moenie dat dit jou afsit nie. Soos in baie gevalle is jou swaarste tyd gewoonlik waaroor jy die meeste praat (en in sommige gevalle spog ook!) en met die seesiekstorie is dit baie identies. So, skipper, as die man wil siek word, laat hom sy ding doen.
Dink net daaraan -- indien hy nie behoorlik siek word nie kan daar ook nie behoorlik gespog word nie. So, streng gesproke help jy hom nie wanneer jy te simpatiek is nie! Die end van die jaar is hier en die vakansieseisoen lê op sy sy. Hoop alles is nog wel met almal hier en dat daar geen groot probleme is nie.Alles van die beste vir die nuwe jaar. Tel liewer jou seëninge as om onnodig swartgallig te word oor klein lastighede. Die lewe is te kosbaar.
Groete, Seemeeu
Steenbras
30 December 2015Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.












