Met baie entoesiasme is Die Bron Primêr Kanoe Klub op Saterdag, 7 Mei 2016 gestig. Die klub is nou amptelik deel van die nuut gestigde Stanford Kanoe Klub.
Die skoolhoof Mr. L.J.O Pedro wil net al die lede van die Stanford Kanoe klub bedank vir hul onbaatsugtige diens met die ontwikkeling van die leerders. Die klub vorm deel van die Wes-Kaap Kanoe Vereniging.
Die klub oefen elke Saterdag om 09:30 te Kleinrivier, Stanford.












