‘n Galjoen van 4,1kg het Freddie Booysen van Franskraal verlede week behoorlik laat sweet toe hy die mooi vis vanaf die rotse gehaak het. Freddie het alleen gaan visvang, want dit is wat die afgetrede sakeman deesdae doen, toe hy voel hy het ‘n knewel aan die lyn. Hy het ‘n vriend gebel, wat nie kon kom help nie.
Ná ‘n oproep na sy vrou, Truda was hulp oppad. Sy moes egter eers die gaffel in die hande kry wat hoog in die motorhuis gepak was. Met ‘n gesukkel oor die rotse het Truda uiteindelik by die vis uitgekom en hom sommer met haar hande gegryp – gaffel eenkant. Freddie is baie trots op hierdie pragtige vangs. Die feit dat hy baie onlangs ‘n knie-operasie ondergaan het en glad nie op die rotse hoort nie, is ongedaan gemaak met hierdie bielie van ‘n galjoen.
Galjoen-bielie laat Freddie sweet
09 September 2016Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.













