Hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub het goeie rede vir hul breë glimlagte. Hulle het die gesogte King of the Bay Wisseltrofee op Saterdag 1 Oktober 2016 ingepalm.
Dié kompetisie is ook as hul maandelikse kompetisie hanteer, waartydens die vangstes baie goed was.
Die uitslae van die Birkenheaders se interne kompetise is soos volg: Swaarste vis (geelbek 5.45kg) - JP Uys (Jnr); tweede swaarste vis (geelbek 5.05kg) - Danie Fourie; swaarste sak (14.40kg) - Hennie Groenewald (Jnr); tweede swaarste sak (13.65kg) - JP Uys (Jnr); swaarste bootgemiddeld (13.60kg) - Oupa van Ben Uys; tweede swaarste bootgemiddeld (8.72kg) - Moyeni van Rikus de Wet; Junior swaarste sak (14.40kg) - Hennie Groenewald (Jnr).
Die klub is veral trots op die twee juniors, JP Uys en Hennie Groenewald, wat in altwee die kompetisies selfs ‘n paar hardebaarde gewys het hoe om vis te vang.














