In ‘n strawwe hengelkompetisie Saterdag, 9 Oktober 2016 kon Pearly Beach Hengelklub daarin slaag om met die louere weg te stap in die spankompetisie met ‘n gemiddeld van 2.16 kilogram per hengelaar.
Twee en twintig hengelaars het vir Pearly Beach klub deelgeneem.
In die tweede plek was Alpha met ‘n gemiddeld van 1.05 kilogram vir hul twee en twintig hengelaars en Weermag derde met 0.56 kilogram vir hul tien hengelaars.
In totaal was daar honderd en negentien inskrywings met ses en dertig hengelaars wat drie en vyftig visse met ‘n totale gewig van 101.55 kilogram gevang het.
Johan de Kock troon as wenner uit met ‘n sak van 7.55 kilogram, twee kabeljoue en twee galjoene.
Jacques Viviers is 2de, Kevin Hattingh 3de, Heinrich Fourie 4de, Deon Strydom 5de, Denton Bauermeister 6de, Dave Wright van Alpha 7de, Wessel Fourie 8ste, Joey Carstensen van Alpha 9de, en JP van Antwerpen van Alpha 10de.
Alida Grove wen die dames kompetisie, Ethan Muller die juniors en Dave Wright van Alpha die seniors.
Francois Nortje weeg die swaarste galjoen van die jaar in, ‘n pragvis van 2.65 kilogram. Joey Carstensen se 7 kilogram mosselkraker is die grootste vis van die dag en Kevin Hattingh se sak van 7.6 kilogram die swaarste.
Die klub se jaarlikse braai vir die hengelaars en hul gesinne was weer eens ‘n feestelike geleentheid met 170 gaste en 16 kinders.
Die Algemene Jaarvergadering vind op 11 November 2016 plaas en die volgende kompetisie op 12 November 2016.















