Overberg Kushengel se hengelkompetisie van Saterdag, 8 September 2016 het aldus die hengelaars ‘n beter telling as die Boktelling opgelewer, ondanks yskoue weer en sterk wind.
Die hengelaars het onder moeilike weersomstandighede bly vasstaan agter die stokke en is met ‘n paar galjoene, ‘n kolstert en ‘n bellman beloon.
Met die Bokke se spelpeil was die konsentrasie op ‘n ander plek, maar die klompie visse was baie beter nuus as die rugbytelling.
Die puntestand word nou fyn dopgehou en ‘n enkele vis kan die verskil maak, wat die onderlinge kompetisie straf maak.
Die groot visse het almal ontwyk.
Anthony Malley se galjoen (1.12kg) was die swaarste vis van die dag. Hy het ook die swaarste sak (2,04kg) ingeweeg.
Dawie Toua se galjoen (0.98kg) was die tweede swaarste vis van die dag.
Belangstellendes word steeds uitgenooi om by ‘n ontspanne “hengelfamilie” aan te sluit. Leibrandt van Niekerk kan by 028-384-1333 geskakel word.















