Die wenners van die langverwagte uitgelote komberse was verras en in ekstase met die aankondiging deur Overstrand se voormalige Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie dat Doret Taljaard en die 81-jarige Luise Boeddinghaus die wenners is.
Die trekking deur Raadsdame Nicolette het op Donderdag, 29 September 2016 in die Hermanus Biblioteek plaasgevind.
Doret Taljaard, die persoonlike assistent van Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith, het die kleurvolle, handgemaakte hekelkombers gewen en kon nie haar vreugde in toom hou met die aanhoor daarvan nie.
Luise Boeddinghaus was die wenner van ‘n swart en wit kombers en het gesê: “Hierdie kombers gaan baie handig te pas kom vir die koue nagte in die Hemel-en-Aarde Vallei waar ek woon.”
Hierdie projek was een van die laaste liefdadigheidsprojekte wat deur Raadsdame Nicolette aangepak is.
“Dit was vir my ‘n groot eer om uiteindelkik die wenners se kaartjies te trek en die name aan te kondig,” het sy gesê.














