Gansbaai se bekendes in kultuurkringe was verlede Vrydagaand die eregaste by die finale rondte van die ‘Hangklip/Kleinmond Got Talent’ kunswedstryd. Die gehoor is verras met uitmuntende talent en het met tye geskaterlag, maar ook met tye ‘n traan afgevee. In samewerking met die Kleinmond-groep wat die kunswedstryd geïnisieer het, is die wiele aan die rol om volgende jaar ‘n uitstekende kultuuropskop te reël vir ons dorp se talentvolles.
Gansbaaiers kan solank hul stemme warm maak, hul kitaarsnare laat span en die stof van die viole afvee. Hier saam met Vrydagaand se beoordelaars staan Annelie Botha (sangafrigter), Siyabonga Vonco (beoordelaar), Lynette van Wyk (dansinstrukteur), agter haar – Marjaan van Tonder (komponis) en die ander beoordelaars: Niki Daly, Nicolette Botha-Guthrie en agter, Sandy Gertse.
‘n Komitee sal binnekort op die been gebring word en Annelie vertrou dat ouers net soveel in hul kinders se kultuur sal belê, as in sport. Almal wat ‘n droom het vir Gansbaai se kultuur, hetsy met organisering, administrasie of afrigting, kan gerus inskakel by hierdie inisiatief. Hou die pers dop.
Kunswedstryd wag in die 2017-jaar
04 November 2016Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Up for Adoption: Patty
Patty together with other adorable dogs are waiting for adoption.
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 30 November 2022
The star of shark diving at the moment is the beautiful Bronze Whaler shark.
Images by Eric Beraud-Sudreau (Guest from France)
These beautiful images were taken by Eric Beraud-Sudreau from France, a guest that stayed at Amazing Grace B&B.
Golf Competition Results for 23 - 27 November 2022
Golf competition results for 23 - 27 November 2022.
Michelin 305/30ZR20 Tyres for Porsche
Make the most of your sports car with the reference tyre in its segment!
Prominent Paints: Blue Greys Paint Colours
Bedrooms are a very personal space, there are no ‘wrong’ colours.













