Gansbaai se Black Leaves Rugbyklub was Saterdag, 22 Oktober 2016, die trotse gasheer van ‘n reuse 7’s Rugbytoernooi wat op Blompark se sportgronde aangebied is.
Altesaam nege spanne het aan hierdie toernooi deelgeneem en Score Living Legends van die Strand het as wenners geëindig. Die Strand was tweede en Black Leaves 1 van Gansbaai derde.
Die rugbyspanne wat aan die 7’s Rugbytoernooi deelgeneem het, is (alfabeties) Black Leaves 1 en 2 (Gansbaai), Ceres, Elim, Grabouw, Rangers Bredasdorp, Score Living Legends (Strand), Strand en Universals Stanford.
Puik organisasie het gesorg dat spanne stiptelik op die programtye afgeskop het.
Dit was die eerste keer dat ‘n toernooi van hierdie aard aangebied word en die organiseerders beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.















