Die netheid van Autopart se Gansbaai-tak val jou dadelik op wanneer jy in hul winkel in Protea Sentrum in die hoofstraat van Gansbaai instap.
Binne wag drie vriendelike mense jou in met hul korporatiewe rooi gholfhemde.
Die eienaars, André en Sanet Els bedryf Autopart se jaaroue Hermanus-tak, terwyl Bernard Cornelius die takbestuurder in Gansbaai is.
Die Else het die behoefte in Gansbaai raakgesien en in Junie vanjaar die deure hier oopgestoot.
Autopart is ‘n verskaffer van onder meer motoronderdele, enjin- en diensparte en bykomstige motorverwante produkte.
Skoonmaakmiddels, diens- en smeermiddels staan in gelid op die rakke, maar dit is nie waar dit stop nie. Autopart verskaf ook panele, ligte, sleepwatoebehore, batterye, gereedskap en vele meer verwante produkte.
André het ‘n passie vir meganika en noem homself ‘n “sielkundige” op die gebied, aangesien hy ander mense se probleme oplos.
Sy ondervinding op dié gebied, is ‘n aanwins vir hul onderneming.
Die ywerige span streef na opregtheid, eerlikheid en deursigtigheid en glo dat hulle kliënte die hartklop van hul onderneming is.
Autopart is voortdurend besig met onderhandelings met verskaffers om sodoende net die beste gehalte produkte teen billike pryse aan hul kliënte te bied.













