Die voedselfotografie opleiding deur Robert Johnson van Gansbaai Fotografieklub het tydens die klub se laaste byeenkoms op Maandag, 7 November 2016 uitstekende foto’s tot gevolg gehad.
‘n Groot verskeidenheid goed beplande voedselfoto’s is tydens die byeenkoms vertoon en beoordeel. Die meerderheid van die foto’s het die monde behoorlik laat water.
“Ek gee hoë punte vanaand, aangesien dit duidelik is dat die lede moeite gedoen het om uitstekende foto’s te neem,” het Robert Johson gesê. “Dit is die verskil tussen ‘neersit’ en afneem, teenoor deeglike beplanning vir ‘n goeie foto.”
Terselfdertyd is foto’s in die oop kategorie ook vertoon en beoordeel.
Sommige van die diere- en voëlfoto’s kan met die TV-program 50/50 se foto’s vergelyk word.
Intussen het Gansbaai Fotografieklub se Algemene Jaarvergadering plaasgevind en 2017 se Bestuur is verkies.
Hulle is Veronica du Plessis (voorsitter), Nelleke van der Brugge (sekretaris en tesourier), Robert Johnson (opleiding en beoordeling), Marc du Plessis (media) en Riaan Jacobs (uitstappies en publisiteit).














