Masakhane en Blompark het getoon dat hulle nie deur swak grond of min water verhoed word om vir ‘n tuinboukompetisie in te skryf nie.
Dit was die vierde jaarlikse tuinboukompetisie wat deur Gansbaai Toerisme gereël is. Masakhane het vanjaar ses groentetuine ingeskryf wat baie goed gevaar het.
Die wenners in hierdie kategorie was Nomthunzi (eer-ste), Tebogo (tweede), Nokubonga (derde) en Nomthunzi (vierde). Blompark het vier blomtuine en drie groentetuine ingeskryf, waar-van een groentetuin dié van Ikamva Jeugontwikkeling is.
James Opperman en Nettie Kapot het die eerste plek gedeel, met Cornelia Cloete tweede. Lena Arendse het Ikamva se prys namens hulle in ontvangs geneem.
Intussen het Norman Sauls die Ikamva-groep se eerste aartappeloes uitgehaal om gekook te word.
Gina Boysen, ‘n tuinkundige, het na afloop van die prysuitdeling inligting oor waterbenutting, die gebruik van kompos en grondvoorbereiding vir die aanlê van tuine met deelnemers gedeel.















