Gansbaai se kameraklublede het verlede week hul kameras neergesit, hul oë laat rus en hul jeukende vingers van hul duur toerusting weggehou – en soos dit ‘n Suid-Afrikaner betaam, hul jaar afgesluit met ‘n braai.
Die funksie op 25 November is by Groeneweide Kwekery gehou.
Die 2016-bestuur het klublede verras met sertifikate en pryse vir hulle toegewydheid gedurende die jaar.
Die toekennings was soos volg: Riaan Jacobs (beste landskapfotograaf); Gerrie van Aswegen (beste wildlewe fotograaf); Hardus Botha (joernalistieke uitmuntendheid); Marc du Plessis (mees toegewyde lid); Piet Visagie (mees kreatiewe fotograaf); Jane Bailey (mees entoesiastiese fotograaf); Annetjie Visagie (beste vordering in klub); Christo Wessels (mees ondersteunende fotograaf); Robert Johnson (fotograaf van die Jaar); Nelleke van der Brugge (sosiale vlinder); Trienke Laurie (opkomende fotograaf); Mimmie Pienaar (opkomende fotograaf); Veronica du Plessis (mees toegewyde lid).
“Die afgelope twee jaar was ‘n opwindende tydperk vir ons klub en die lede wat tans aktief deelneem, het baie tot die sukses van die klub bygedra en die gehalte van die lede se foto’s het noemenswaardig verbeter,” het die uittredende voorsitter, Riaan Jacobs gesê.
Gansbaai Fotografieklub se nuutverkose bestuurslede vir 2017 is: Veronica du Plessis (voorsitter); Nelleke van der Brugge (tesourier en sekretaris); Marc du Plessis (media); Robert Johnson (opleiding en beoordeling); Riaan Jacobs (uitstappies en publisiteit).














