Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark stuur volgende jaar sommer ‘n groot groep van hulle Graad RR’e na Gansbaai Primêr om as Graad R’e die ‘groot’ skool te betree.
Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug. Die groepe wat vanjaar hul ‘diplomas’, sertifikate en geskenkpakkies ontvang het, is Ikamva se Graad RR’e, Ikamva Créche se kleuters en Ikamva se Nasorgleerders wat ná skool opvoedkundig besig gehou word. Die volwassenes wat agter elke groep staan, het om die beurt die oorhandigingseremonie waargeneem.














