Die groot groep het opgewonde vir die kamera gewaai, maar was ietwat hartseer om aan die einde van die kamp totsiens te sê.
Tyd vir Bybelstudie om dit wat ds Willie Kotze hulle van Christus se gelykenisse geleer het, self uit te pluis en met antwoorde vorendag te kom.
Water bly ‘n groot aantrekkingskrag vir enige jongeling.
Die sakreisies as deel van die “kompetisie”-ontspanning was groot pret – mens wonder net of hierdie jongman klere onder sy sak aangehad het!
















