Gansbaai het die afgelope Sondag hulle onoorwonne status in die 2017 Sondagliga 20/20 behou, deur Stanford met 5 paaltjies te wen. Gansbaai het daarmee ook seker gemaak dat hulle in die finaal op 2 April op hulle tuisveld (Gansbaai sportgronde) gaan speel.
Stanford Krieketklub het eerste gekolf en het geen weerstand teen Gansbaai se goeie boulwerk gebied nie. Hulle is almal uitgeboul vir 36/10 lopies in 13.1 boulbeurte.
Gansbaai Krieketklub se beste boulers was Dirk Swart (3-0-16-4); Gurshwin Davids (3-0-8-3); Christo Swart (4-0-8-2); Hennie Schreuder (1.1-0-4-1) en Driaan Kriel (2-2-0-0). Stanford se beste kolwer was Henry Pieters met 8 lopies.
Gansbaai het toe gaan kolf en was ook gou in die moeilikheid op 22/4, maar Dirk Swart met 16 lopies nie uit nie, het die wenlopies in die negende boulbeurt aangeteken. Gansbaai Krieketklub eindig op 39/5 na 8.1 boulbeurte.
Gansbaai Krieketklub bedank hul getroue ondersteuners en hoop om hulle weer Saterdag, 2 April langs die veld te hê.
Heinrich Vermeulen












