Die span van Gansbaai Jukskeiklub het Saterdag as wenners van die A-liga uitgetree tydens die Overberg Distrik se afsluiting.
Hulle is opgevolg deur die Groenberg- en Kleinmond Klub.
Groenberg het die B-afdeling gewen, met Kleinmond in die tweede plek en Gansbaai derde.
In die C-liga was Bettysbaai eerste, gevolg deur die spanne van Kleinmond en Groenberg.













