Die besondere verhouding tussen leerders, ouers en onderwysers by Laerskool Gansbaai is duidelik onderstreep, nadat dié skool vereer is met 9 prestasietoekennings wat hy in 2016 behaal het.
Die Tale- en Wiskunde Toekenningseremonie is vroeg in Maart gehou.
Laerskool Gansbaai het met die volgende toekennings teruggekeer:
Algehele uitnemendheid van uitkomste in Taal en Wiskunde: Gr 3 en Gr 6; Beste prestasie in Sistemiese Toets (80% en meer): Graad 6 Taal, Graad 3 en Graad 6 Wiskunde; Volgehoue prestasie oor ‘n drie jaar tydperk (2014 – 2016, 80% en meer): Gr 3 Tale, Gr 3 en 6 Wiskunde; Verbetering van prestasie met meer as 15% (2015 na 2016): Graad 6 Tale.













