Elma Diedericks, beter bekend as ‘Ma’ Elma, is Vrydag, 17 Maart 2017 op die ouderdom van 68 jaar oorlede.
Elma is op 15 Oktober 1949 in Gansbaai gebore en het alom “as ‘n opregte kind van die Here bekend gestaan en bykans almal wat haar geken het, het haar as ‘ma’ Elma aangespreek,” het haar seun, Louis Diedericks gesê.
Elma en pastoor Chris Diedericks (70) is op 12 Julie 1969, sowat 48 jaar gelede in Gansbaai in die huwelik bevestig. Vier kinders, 2 seuns en 2 dogters, Tiaan, Louis, Freda en Elizna is uit die huwelik gebore. Die egpaar is geseën met 6 kleinkinders.
Die begrafnisdiens het Sondag, 26 Maart 2017 vanuit die Herlewewing Tent Bediening oorkant Uilenkraalsmond se ingang plaasgevind. ‘Ma” Elma se gewildheid was duidelik sigbaar met sowat 1,200 begrafnisgangers wat die groot tent van hoek tot kant volgesit het.













