Maak hierdie winter ‘n verskil aan ‘n kleuter se lewe deur deel te neem aan die DA se ‘Winter Warmte’ projek.
Die winter is om die draai en dit is weer tyd om warm mussies en moffie-handskoene te begin brei.
Rdl Riana de Coning vertel dat die projek in 2015 geloods is en in 2016 met rasse skrede gegroei het.
Vrywilligers uit die gemeenskap word hiermee genooi om wol te skenk en/of hul vlytige vingers in te span om te begin brei.
Daar is reeds ‘n hoeveelheid wol beskikbaar, asook ‘n voorgeskrewe patroon.
Riana doen ‘n beroep op almal om volgens die voorgeskrewe patroon te brei, sodat daar eenvormigheid kan wees in die eindprodukte.
Skole in die Gansbaai-omgewing is genomineer om te baat by hierdie projek.
Indien u meer wil weet, skakel Riana de Coning by 083 597 2781.












