Divan Burger het die afgelope week deel uitgemaak van die span wat aan die All Coastal hengeltoernooi by Struisbaai plaasgevind het.
Hy kan homself op die skouer klop deurdat hy ‘n geelvis van 9.09kg uitgetrek het – en dit met ‘n 6kg lyn! Volgens Overberg Hengelklub se skakelbeampte, wag die mannetjie vir bevestiging dat dit ‘n WP- en moontlike Afrika-rekord is.
Sy spanmaat, Christoff Dahl het ‘n rooi stompneus van 3.84 kg kant toe gebring.
Hulle het as die WP Juniorspan, agtste geëindig in die toernooi. Die ander spanlid was DP Burger en Eric Dahl het as skipper opgetree.
Die volledige uitslae is soos volg: 1ste – WP A-span; 2de – Oostelike Provinsie Swart (Gerber-familie); 3de – Grens; 4de – Suid-Kaap Wit (George); 5de plek – OP Rooi; 6de plek – Natal; 7de plek – WP B; 8ste – WP Junior en 9de Suid-Kaap Blou.















