Gansbaai Courant het by 'n kenner gaan kers opsteek oor visse wat tans aan die byt is.
Boothengel
By die boothengelaars kan die bekende hotnotvisse te wagte wees, asook rooi romans, kabeljoue op die regte plek, wit stompies, geelbekke met die westewind wat reg waai en steenbras wat binnekort verwag kan word.
Kabeljoue sal van bloukappie-aas hou, wat ook vanaf die boot gevang kan word. Seemeeu sê so tussen die kabeljoue kan klein elfies dalk ook hul opwagting maak.
Rots- en Strandhengel
By die Plaat kan mooi steenbras gevang word, asook mosselkrakers by Pearly Beach.
By die Gruis en Pearly Beach byt steenbras en kabeljou goed. Vir steenbras kan hengelaars gerus op dwarssloepe fokus.
Goeie nuus is dat die galjoenseisoen 1 Maart oopgemaak het.












