Gansbaai Krieketklub het die 2017-seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die finale Sondag-liga wedstryd 20/20 teen Kleinmond te wen. Die triomf was soveel groter aangesien die Gansbaaiers die 2016-wennerstrofee op hulle tuisveld kon ontvang.
Kleinmond het eerste gekolf en was na 10 boulbeurte op 78/1 goed geplaas vir ‘n groottotaal, maar Gansbaai se boulers het Kleinmond met goeie boulwerk beperk tot 25/8 in die laaste 10 boulbeurte.
Kleinmond eindig op 103/9 na 20 boulbeurte. Gansbaai-klub se beste boulers was Dirk Swart (3-0-11-4); Christo Swart (4-0-25-2) en Gershwin Davids (4-1-25-2).
Gansbaai-krieketklub het gaan kolf en 107/5 in 19.2 boulbeurte aangeteken. Gansbaai se beste kolwers was Corrie Avenant 45 nie uit nie (1x4) wat lopies aangeteken het.
Die bestuur bedank die spelers en getroue ondersteuners vir hulle uitstekende ondersteuning die afgelope seisoen.













