Die Birkenhead Boothengel-klub se nuwe lid, Sampie Lauwrens, ‘n afgetrede groenteboer, stap toe weg met die prys vir die swaarste vis tydens sy eerste deelname aan ‘n kompetisie - ‘n pragtige geelbek van 2.9kg.
Die maandelikse boothengelkompetisie het Saterdag, 1 April 2017 plaasgevind en die hengelaars was heel tevrede met hul vangste.
4 bote het ingeskryf en al 4 het ingeweeg. Die aantal bemanning was 16, waarby 2 juniors ingesluit was. 7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 110. Die totale vismassa was 69.0kg, wat ‘n gemiddeld van 6.9kg per hengelaar beteken.
Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Sampie Lauwrens (geelbek - 2.9kg); 2de swaarste vis, Juan van der Merwe (rooi roman - 1.95kg); swaarste sak (12.35kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (10.10kg), Robbie Nelson; swaarste bootgemiddeld (8.4kg), 'Oupa' van Ben Uys; 2de swaarste bootgemiddeld (7.9kg), 'Relêks' van Jean Downing; Junior swaarste sak (6.75kg), JP Uys.
Die eerste drie voorlopers vir 2017 is: Bootkampioene - 'Oupa' (28.89kg) van Ben Uys, 'Relêks' (16.23kg) van Jean Downing en 'Bella Me' (13.38kg) van Bev Swart; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (33.85kg), Ben Uys (31.65kg) en Jean Downing (20.95kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (24.95kg) en JP Uys (17.0kg).















