‘n Groep netbalspelers van Laerskool Gansbaai se Mamma's het Vrydag, 21 April 2017 ingespring om te help met die dogters se “geesvangdag”. Hulle het, met pruike en al aan netbalwedstryde deelgeneem om hul staal te wys. Voor vlnr is Deidré du Toit en Marchelle Mostert. Agter vlnr Tanja Fourie, Jaunene Otto, Tania Lourens, Marietta Uys en Anjé Badenhorst.
(Volledige beriggewing oor die 7’s Rugbydag by Laerskool Gansbaai sal in volgende week se uitgawe geplaas word)













