Die volgende 3 atlete het Overberg Hoërskool verteenwoordig tydens die SA Atletiekkampioenskappe in Durban en bereik die volgende afsonderlike puik prestasies:
Martelize Jordaan - Brons 100mH, Brons aflos; Lee-Hano Swarts - Goud in 400mH; Adrian Swart - Driesprong 4de, Verspring Goud en breek die 2003 S o/15 rekord met n afstand van 6,99m, Goud in 300mH en Silwer medalje in medley aflos.
Uitslae van die ASA JUNIOR ATLETIEKBYEENKOMS wat in Groenpunt plaasgevind het oor die naweek van 7 en 8 April 2017:
Martelize Jordaan - 4de in 100mH o/20, Lee-Hano Swarts - Brons medalje in 400mH o/20. Baie goeie tyd van 53.14s
Adrian Swart moes in o/18 groep deelneem en haal die 200m finaal en eindig 6de.













