Indien motors en motoronderdele jou belangstellingsveld is, moet jy nie Vrydag se opening van die groter Autopart in die industriële gebied misloop nie. Autopart verskuif vanaf die Proteasentrum na ‘n perseel agter Supa Quick in Industriesingel.
Maak seker dat jy ‘n paar rand uithou om daar te spandeer, want daar wag allerlei verrassings op besoekers, soos ‘n Dixon battery wat gewen kan word, balonne wat stukkend gesteek word vir pryse en kortings, T-hemde, hoedjies, worsrolletjies en meer.
Benut hierdie promosiedag om kennis op te doen, direk van die verskaffers.
Verteenwoordigers van Autotrade en Partamina Lubricants sal gereed staan om u vrae te antwoord.
Autopart sal ook voortaan optree as die verspreider van BMG-produkte en ‘n nuwe reeks van CRC word bekend gestel.
Monsters vir dié produkte sal ook Vrydag beskikbaar wees.
Die span van Autopart sien uit om u te ontmoet!












