In die uitgawe van die Gansbaai Courant, 4 Mei 2017 is daar verkeerdelik berig dat mnr Yusaf Meyer op Woensdag, 3 Mei 2017 in die Hermanushof verskyn het vir die besit van ‘n voertuig sonder die eienaar se toestemming en dat hy borg geweier is.
Die korrekte inligting is: Mnr Yusuf Meyer se saak is voorlopig teruggetrek om die ondersoekbeampte geleentheid te gee om ‘n getuieverklaring te bekom, waarna die saak weer op die hofrol geplaas sal word.












