Vyf spelers van Gansbaai, wat verbonde is aan Hermanus Hoërskool, is in die Boland rugbyweek opgeneem.
Michael-John Otto en JW Human het die o/19 Craven-week gehaal, terwyl J’hanco Botha in die o/19 Akademie-span opgeneem is.
Twee o/13 spelers van Laerskool Gansbaai, Charl Eksteen en George Groenewald, maak ook deel uit van die Boland Craven - week.












