Tommie van Niekerk en Linda Rossouw is onder luide toejuiging Vrydagaand, 26 Mei onderskeidelik as Franskraal Rolbalklub se mans en dames klubkampioene aangewys.
Die ander uitslae is soos volg:
Gekose damespare - Anne-marie Botha en Kay Puttick (goud), Judith Vorster en Annie Smit (silwer);
Gekose manspare - Sakkie van Zyl en Roelof Eksteen (goud), Jaco Swart en Johan Fick (silwer);
Geslote damespare: Lani Swart en Martie Fourie (goud), Kay Puttick en Marie Pretorius (silwer);
Geslote manspare: Peet Neethling en Johan Fick (goud), Roelof Eksteen en Theuns Roodman (silwer);
Gekose gemengde pare: Lani Swart en Jaco Swart (goud), Roelof Eksteen en Lerina Ferreira (silwer);
Geslote driespel: Victor Breach, Linda Rossouw en Chris Malec (goud) en Johan Fick, Pieter Beukes en Lerina Ferreira (silwer).
2 bal enkelspel dames: Lani Swart (goud) en Judith Vorster (silwer);
2 bal enkelspel mans: Jaco Swart (goud) en Sakkie van Zyl (silwer);
Ope voorgee enkelspel: Jaco Swart (goud) en Roelof Eksteen (silwer);
Dames enkelspel: Linda Rossouw (goud) en Hettie Lass (silwer);
Mans enkelspel: Tommie van Niekerk (goud) en Roelof Eksteen (silwer);
Lerina is ook aangewys as die mees belowende beginner, met André in die opvolgposisie.
Roelof Eksteen en Jaco Swart is vereer vir die uitstekende taak wat hulle verrig op die rolbalbaan en Lani Swart en Archie Chambers omdat hulle altyd meer doen as wat van hulle verwag word.














