Gansbaai Posduifklub se wedvlugseisoen het verlede week so saam met die gure weersomstandighede en storms ‘n moeilike begin gehad. Die Laingsburg-wedvlug moes van Saterdag na Sondag verskuif word.
Die uitslae was soos volg:
Jong Duiwe
- C Kruger 1ste, 12de, 14de.
- A Leonard 2de, 3de, 5de, 6de, 7de, 8ste, 20ste.
- A Voster 4de.
- H Hitge 9de, 13de, 17de.
- JJ Swart 10de, 15de, 16de.
- A Wildschut 11de, 18de, 19de.
Ope Duiwe
- JJ Swart 1ste, 13de.
- L Fourie 2de.
- A Voster 3de, 9de.
- P Saal 4de.
- A Leonard 5de, 12de, 16de, 17de. 18de.
- A Wildschut 6de, 14de.
- N Stevens (Jnr) 7de, 10de, 11de, 19de, 20ste.
- C Kruger 8ste, 15de.
“Vir ons 2016 kampioen, Norman Stevens (Jnr) was verlede week se wedvlug ‘n nagmerrie, maar wees maar versigtig vir hom, manne, hy is nie verniet as kampioen gekroon nie!” sê Atman Wildschut van die klub. “Vanuit bestuursgeledere heet ons alle nuwe lede welkom en wens almal sterkte toe vir ‘n suksesvolle nuwe wedvlugseisoen.”
Atman sê die klub het verlede jaar ‘n paar lede verloor, maar gelukkig ook ‘n paar bygekry.
Klublede vir 2017 is A Leonard, L Fourie, JJ Swart, H Hitge, C Kruger, N Stevens (Snr), P Saal, A Wildschut, N Stevens (Jnr), A Scheepers en A Voster.
“Die Overberg Posduif Unie (OPU) bestaan uit 7 klubs en dit was nog nooit maklik vir Gansbaai Posduifklub om die Unie te wen nie, maar verlede week het ons vir die ander klubs hakskene gewys!” sê Atman.












