Sop en sjerrie op ‘n koue wintersoggend was nie al wat op die dames van die Bietoubos Damesklub gewag het tydens hulle maandbyeenkoms nie.
Hulle het ook nuttige tuinwenke ontvang wat maklik toegepas kan word.
Die gasspreker was Derek Zeller van Groeneweide Kwekery. ‘n Klublid, Enna Lotz deel ‘n paar van die belangrikste wenke met ons lesers:
Derek se Tuinbou wenke
* Moenie blare weggooi nà ‘n stormwind nie - gebruik dit as grondbedekking;
* Dis nou die regte tyd om bolle te plant as jy Septembermaand blomme wil hê;
* Goeie voeding van die grond is belangrik - beenmeel, Engelse sout en kompos, wat sommer bo-op gegooi kan word wanneer dit reën;
* 'n Deklaag (mulch) is ‘n effektiewe middel om onkruid te beheer;
* Een derde van roosbome kan weggesny word, maar die wonde moet geseël word en die spuit van kalkswael of gewone Engelse sout word aanbeveel;
* As kan vir suurgrond gebruik word;
* Proteas kan eerder in potte geplant word indien die grondmengsel reg is;
* Indien nodig, gebruik Gardenpest, ‘n sistemiese gifstof.
Derek het ook ‘n lollipop-demonstrasie met die Australiese Boskersie (Australian Brush Cherry) gelewer.
“Ten slotte, iets om oor te glimlag en dalk help dit om van die koue te vergeet,” vertel Enna.
“I decided to take an aerobics class.
I bent, twisted, gyrated and jumped up and down for an hour. By the time I got my leotards on, the class was over….!”













