Atman Wildschut van Gansbaai Posduifklub vertel hierdie week ‘n bietjie meer oor dié sportsoort:
“Om duiwe te vlieg, moet jy natuurlik ‘n hok en goeie duiwe hê,” vertel hy. “Verder moet jy ook sorg dat jy die regte medisyne het om die duiwe gesond te hou.”
Atman sê dat nie almal dit kan bekostig nie, daarom moet daar altyd ‘n plan in plek wees.
“Om goeie duiwe in die hande te kry, is my wenk om na manne met goeie vliegduiwe te gaan en te vra vir ‘n paar kuikens of selfs ou duiwe wat uitgegooi gaan word.”
Hy voeg by dat belangstellendes selfs vir ‘n paar eiers kan vra wat onder hul eie duiwe gesit kan word om uit te broei. Daar is baie duiweboere wat meer as bereid is om nuwe lede te help en by te staan.
Gesonde duiwe vereis ‘n droë hok wat skoon gehou word en daar moet ook nie te veel duiwe in een hok aangehou word nie.
“Wat medisyne betref, weet ons almal dat dit ‘n duur item is, maar ook daar is goedkoper maniere,” sê At-man. “So byvoorbeeld is daar die kombuis, wat al baie wenduiwe opgelewer het: knoffel, rooi peper, gemmer, borrie, asyn en nog baie meer wat kan help om die duiwesport vir jou interessant en ‘n plesier te maak.”
Atman roep op hierdie noot voorlopig halt, maar sê dat hierdie spasie gerus dopgehou kan word vir nog wenke.
Die skaaplootjie is op 2 Julie 2017 getrek en die wenner is JS de Jager.
Volgende week is Beaufort-Wes aan die beurt.
Uitslae:
- Leeu Gamka se uitslae van 1 Julie 2017:
Jong Duiwe
- L Fourie 1ste
- A Leonard 2de, 12de
- P Saal 3de, 20ste
- JJ Swart 4de, 8ste
- N Stevens (Snr) 5de
- N Stevens (Jnr) 6de, 9de, 14de
- C Kruger 7de, 10de, 11de, 13de, 15de
- A Wildschut 16de, 17de, 18de, 19de
Ope Duiwe
- JJ Swart 1ste, 8ste
- A Voster 2de
- N Stevens (Snr) 3de, 15de, 18de, 20ste
- N Stevens (Jnr) 4de, 7de, 13de, 16de
- H Hitge 5de, 10de, 19de
- L Fourie 6de, 12de
- P Saal 9de, 11de
- C Kruger 14de
- A Leonard 17de
Bygedra deur Atman Wildschut












