Eddie Barnard (75) met sy eenman-orkes, One Man Band van Franskraal, boer nou vooruit met sy CD’s wat hy vrystel.
Op Vrydag, 14 Julie 2017, sowat 4 dae na sy 75ste verjaardag, het Eddie sy 3de, 4de en 5de CD sommer op dieselfde dag tydens sy optrede by die Woekermark vrygestel: Gospel & Love Songs (20 liedere), waaronder Amazing Grace, Why me Lord en Nearer my God to Thee; Old Time Favourites (19 liedere), waaronder Power of Love, Forty Days en Pretty Belinda; Oom Eddie vertel lekker lag-stories (20 lagstories), waaronder Oom Piet en die Windpomp en Hakkel & Boggel.
Eddie se vorige twee CD’s wat hy vrygestel het, is Perlemoen (21 liedjies) in 2009 en Suzuki’s van die Overberg (21 liedjies) in 2012.
Hierdie talentvolle musikant (sang, klawerbord, kitaar, klavier en selfs mondfluitjie) is reeds vir jare alombekend tydens dorpsfeeste, funksies, verjaardae en basaars.
Tydens die vrystelling van die CD’s, het Eddie onder andere gesê: “Ek tree al sowat 7 jaar tydens Vrydae se Woekermarkte op - miskien sal ek maar aanhou tot ek 100 jar oud is!”













