Dit is week ses en die program is al by Victoria-Wes en is besig om te kook.
Die manne is besig om lelik stof in mekaar se oë te skop. Soos reeds gesien is, was dit met die Beaufort-Wes wedvlug eenrigtingverkeer, met Victoria-Wes wat weer ‘n perd van ‘n ander kleur is. Die gees onder die manne is goed en die kompetisie is gesond in die klub. Indien die uitslae vanaf die eerste week gevolg is, sou gesien kon word dat daar nie oorheersing in die klub is nie. Die 2016 kampioen, N Stevens (Jnr) is tans nog voor met punte, maar daar is ‘n paar manne kort agter hom wat lelik in sy nek blaas. Dus kan dinge oor die volgende paar weke nog baie verander. “En van my, Atman, aan die manne wat voor is, hou vas wat julle het, en aan die manne wat agter is, moenie moed verloor nie, gooi daai muti en Nyaka, Nyaka juice sodat die duiwe kan kom.”
Atman Wildschut
Die uitslae was soos volg:
Jong Duiwe
- C Kruger 1ste, 3de, 10de, 18de.
- N Stevens (Jnr) 2de, 4de, 9de, 19de.
- A Leonard 5de, 6de, 11de, 12de,16de.
- H Hitgé 7de, 15de, 17de.
- L Fourie 8ste.
- JJ Swart 13de, 14de.
Ope Duiwe
- N Stevens (Jnr) 1ste, 4de, 5de, 11de, 12de, 14de, 18de.
- P Saal 2de.
- A Leonard 3de, 9de, 13de, 17de.
- C Kruger 6de, 20ste.
- H Hitgé 7de, 15de.
- L Fourie 8ste, 10de.
- JJ Swart 16de, 19de.












