Die twee Dapper Stappers wat op 20 Julie 2017 in Gansbaai aangekom het, Tommy Beeslaar (48) en Carmen Mitchell (34), se staptog vir “verlore engeltjies” (Gansbaai Courant, Donderdag, 27 Julie 2017: “Hulle stap vir verlore engeltjies”), se staptog is suksesvol en agter die rug.
Hulle het vanaf Somerset-Wes tot by Agulhas (sowat 198km) ten bate van die Heaven’s Missing Angels, ‘n tuiste vir minderbevoorregte kinders in Uitenhage, gestap - elk met ‘n gholfwaentjie om die gewig van 40kg en 60kg makliker te trek.
In elke dorp waar hulle aangedoen het, het hulle met nie-winsgewende organisasies geskakel. Tommy het motiveringspraatjies gelewer en Carmen het oor dwelmmisbruik gepraat.
Gansbaai se mense het hulle goed behandel en goedgunstiglik slaapplek en etes verskaf.
Die weldoeners was Otto en Gina Boysen, in De Kelders, Naomi Nell in Kleinbaai en Tiekie van Biljon van The Farmlady’s Shed.












