Twee brandweerkollegas spog altwee ewe trots met “hulle” sokkerspan, die Solyx United van Masakhane.
Thebelani Xovula, die span se voorsitter is ‘n kadet-brandweerman en sy regterhand wat hom in alle opsigte ondersteun, is Jacques van Lill, ‘n leerling-brandweerman.
Thebelani en Jacques se sokkerspan het in die A-groep van die Nedbank Cup Qualifying Soccer Tournament op 29 Julie 2017 gespeel.
Diè twee se bekers van sokkergeluk het oorgeloop van vreugde toe hulle span, Solyx United FC die Helderstroom FC sokkerspan met 5 - 3 verslaan het.
“Nou het ons nog meer moed vir die res van die toernooi,” vertel Jacques.
Hierdie sokkertoernooi word op ‘n weeklikse basis gespeel en hierdie spasie kan gerus dopgehou word.














