Lekker lag by Olimpiade
Een van Herberg-aan-see Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse hoogtepunte is hulle binnenshuise Wintersportdag, ook genoem HaS se Winter Olimpiade.
Die “Spele” in die sitkamer word deur Gansbaai Goue Hande aangebied.
Die “strawwe” kompetisie behels items soos rolbal, visvang, fruity-loopstokkie, borrelblaas, wasgoedhang en veel meer, met selfs ‘n paar danspassies wat uitgevoer word.
Personeellede en die Goue Hande dames bied ook items aan - so skreeusnaaks dat die lagtrane rol.
Vanjaar se hoogtepunt was “Oom Stan (‘n volledige geraamte met ‘n pyp in die mond) en Auntie Stienie van Bloemfontein” wat in HaS gehuisves wou word - met pyp, sigarete en drank en al - met suster Linda Meyer wat byna ‘n “toeval” gekry het.





















