Gansbaai Toerisme nooi alle belangstellendes om die pragtige sonsondergang van 29 Augustus by Gansbaai hawe te gaan bewonder.
Stappers ontmoet mekaar by die hawe-afrit om 17:30, vanwaar hulle sal afstap na die bekende trawlers van Gansbaai.
Dit beloof ‘n gesellige uitstappie vir oud en jonk te wees.
Besoekers gaan die geleentheid kry om hul aandete van vis en skyfies op die werkende trawlers wat in die hawe vasgeanker is, te geniet. Indien die bote op see uit is, bied die hawemuur ‘n goeie sitplek.
Almal bo 18 kan ‘n komplimentêre glas wyn van Lomond Landgoed geniet.
Laat weet Doulene Els by die Toerisme kantoor of u wil saamstap.
Die koste beloop R50 per persoon, wat aandete insluit. Kinders o/12 is welkom om te deel.












