Woensdag se Sloegterskompetisie is deur George Hunt gewen met 36 punte, gevolg deur Piet du Toit 33, Etienne Engelbrecht 33, Dawie Viljoen 30, Andre Roos 29, Solly Wessels 29, Bev Swart 28, Hennie Gerber 27, Johan Coetzee 26 en Clive Bailey 26.
Naaste aan die penne was Etienne Engelbrecht op no 2 en Daan Victor op no 15.
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is deur Etienne Engelbrecht gewen met 20 punte, gevolg deur Hennie Kriel 19, Koos Myburgh 17 en Solly Wessels 14.
Saterdag se kompetisie, die Maandelikse Houespel is deur Daniel van der Merwe met 68 net (75 bruto) ingepalm, gevolg deur George Hunt 70, Lieb Louw 73, Sextus Neethling 73, Pierre Pieters 74, Johan Pieterse 74, Malcolm Bury 75, Frikkie van Eeden 77, Johan Coetzee 78, Neil Harrison 78 en Gina Esterhuizen 78.
Naaste aan die penne: Lambert Smit op no's 2 en 11, Sextus Neethling op no's 8 en 17 en Lieb Louw op no 17. Daniel van der Merwe teken 'n arend aan op putjie no 6.
Volgende Saterdag se kompetisie is 'n 4BBB Stableford.
Algemene Jaarvergadering 24 Augustus 2017













