Bev Swart het verlede Saterdag, skoonskip gemaak onder die senior hengelaars toe hy nie alleen die swaarste en 2de swaarste vis ingeweeg het nie, maar ook die swaarste sak en boot met die grootste massa vis.
14 hengelaars het in 4 bote deelgeneem aan Birkenhead Bootklub se visvangkompetisisie.
Bev wen met ‘n mooi geelbek van 8.25 kg en neem die 2de posisie in met ‘n rooi steenbras van 5.9kg.
Die swaarste sak het 20.65kg ingeweeg. Piet le Roux neem die 2de posisie in met 8.95kg.
Die boot, Bella-Me het die swaarste bootgemiddeld van 14.80kg ingeweeg en Releks se bootgemiddeld was 3.5kg.
Die junior, Hennie Groenewald wen die Junior Swaarste Sakafdeling met ‘n massa van 2kg.













