Gansbaai Posduifklub se wedvlug vanaf Hanover was oor ‘n afstand van meer as 600km. “Dit was ook die duiwe se eerste ‘proesel’ van ‘n langpad,” sê Atman Wildschut van die klub. “Daar is nog een wedvlug oor vir die kortpad, wat dan ook sal bepaal wie die kortpad kampioen vir 2017 gaan wees.”
Die duiwe is om 07:30 in Hanover losgelaat en hulle het die pad huis toe in pragtige weer aangepak.
Die eerste Jong Duif is om 15:18 deur C Kruger geklok en die eerste OPE Duif deur Norman Stevens (Jnr).
Die uitslae was soos volg:
Jong Duiwe
- C Kruger 1ste, 2de, 8ste, 16de, 18de, 20ste
- A Voster 3de, 12de, 15de
- A Wildschut 4de, 9de
- L Fourie 5de
- JJ Swart 6de
- A Leonard 7de, 11de, 17de, 19de
- P Saal 10de
- Norman Stevens (Jnr) 13de
- H Hitge 14de
Ope Duiwe
- Norman Stevens (Jnr) 1ste, 3de, 5de, 12de, 13de, 14de
- H Hitge 2de, 8ste, 10de, 19de, 20ste
- Norman Stevens (Snr) 4de
- C Kruger 6de
- A Voster 7de
- JJ Swart 9de, 15de, 18de
- A Leonard 11de, 17de
- L Fourie 16de












