Woensdag se gure weer het sy tol geëis en slegs 4 spelers was braaf genoeg om die baan aan te durf.
Die uitslag was soos volg: Bev Swart 37, George Hunt 35, Jan le Roux 29 en Andre Roos 17.
Vrydag se 9-putjie OK Foods kompetisie is gewen deur George Hunt met 16 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht 16, Solly Wessels 15 en Andre Roos 14.
Saterdag se kompetisie was ‘n Gekombineerde Enkel Stableford en die wenners was Jakkie Beukes en Daniel van der Merwe met 72 punte, gevolg deur Etienne Engelbrecht en Johan Pfister 65, Leon Lambrecht en Solly Wessels 65, Mike Visser en Wally van Coller 63, Hugo Groenewald en Sextus Neethling 63, Bertie Laubscher en Melvin Tobias 63, Bev Swart en Daan Victor 61, Piet du Toit en Dawie Viljoen 60, Leon Hattingh en Jan le Roux 59, Pierre Pieterse en Dirk van Dyk 59, Andre Roos en George Hunt 58, Johan Coetzee en Neil Harrison 57 en Joe Cesare en Melvin Tobias 55.
Naaste aan die penne was Leon Hattingh op no’s 2 en 11, Dirk van Dyk op no’s 8 en 17 en Sextus Neethling op no 15.
Spog Twee’s word aangeteken deur Dirk van Dyk (17) en Sextus Neethling (11 en 15).
Volgende Saterdag is die Greenkeepers’ Revenge Gholfdag, en is ‘n Enkel Stableford kompetisie.
Alle spelers sal hul staal moet wys!
Vrydag, 1 September is ons volgende Steak ‘n Chips aand.
Algemene Jaarvergadering: 24 Augustus 2017












