Trek jou warm aan, bring jou koffiebeker saam en stap saam met die Herbarium natuurbewaarders van Pearly Beach.
Hierdie maand se volmaanstap wat Woensdag, 6 September plaasvind, beloof om iets besonders te wees aangesien die September-volmaan bekend staan as die Oesmaan.
Dit is ‘n gemaklike stap vanaf Pearly Beach Herbarium vir ongeveer 1.5km.
Stappers ontmoet om 18:00 by die Herbarium. (by die sakesentrum, langs die munisipale parkie – oorkant Rooibier)
Koffie en tee sal na afloop van die stapsessie beskikbaar wees, maar u moet u eie beker saamneem.
Donasies word verwelkom en sal aangewend word vir projekte soos strandopruiming en Fynbos onderhoud.
Skakel Suretha by 071 318 5297 indien jy meer wil weet.












