MJ du Toit (16) ‘n gr 10 leerder van Hermanus Hoërskool is in dié skool se o/19 7’s rugbyspan ingesluit wat in November vanjaar na Dubai vertrek om daar aan ‘n toernooi te gaan deelneem.
Dit is ‘n droom wat vir MJ waar geword het. Hy is die seun van Pieter en Linda du Toit van Gansbaai.
Gansbaai Courant het verlede week berig hoe die Du Toit vroue en hul vriendinne saamstaan om fondse vir MJ se toer bymekaar te maak, deur pannekoek te bak.
Die gewillige span baksters is goed ondersteun en was heel in hul skik met hul pannekoekverkope vir die voormiddag.
Indien enigiemand ‘n bydrae tot MJ se toer wil maak, kan hulle sy ma, Linda skakel by 079 692 1913.













