Moenie Dinsdag, 29 Augustus se uitstappie na die hawe misloop wat deur Gansbaai Toerisme gereël word nie!
Kom ontmoet nuwe mense, geniet die buitelug, beleef die bedrywighede op die hawe en neem foto’s van die pragtige sonsondergange waarvoor Gansbaai so bekend is.
Kry jou saamstapkaartjie vooraf by die Toeriste-kantoor by die Great White Junction teen R50 per persoon.
Die bedrag sluit ‘n ete in aan die einde van die staproete. Kinders is welkom om te deel.
Indien die trawlers in die hawe lê, kan stappers hul aandete op die skepe geniet, andersins kuier hulle sommer sit-sit op die hawemuur.
Lomond Wynlandsgoed sal sorg vir ‘n glasie wyn vir deelnemers ouer as 18.












