Leerders van Masakhane Primary School spog met nie minder nie as 24 IsiXhosa Eisteddfod sertifikate vir voordragitems wat hulle verwerf het tydens hul deelname aan die IsiXhosa Eisteddfod in Stanford.
Onder die sertifikate is daar 2 x Cum laude (90%+), 5 x Goud (80%+), 16 x Silwer (70%+) en 1 x Eervolle Vermelding (70%-).
Die laerskool beskou dit as ‘n groot prestasie, in ag genome die leerders se vorige omstandighede voordat mnr Tommy Volkwyn die leisels oorgeneem het ten tye van die nuwe skoolgebou se opening.













