Soos die kat wat weer kom, so het Gilbert (Boetie) Hart se twee-laag verjaardagkoek aan Gansbaai Munisipaliteit ook weer gekom – vir die 19de agtereenvolgende jaar.
Gansbaai Munisipaliteit het op 9 September 1999 na nuwe munisipale kantore in Gansbaai, waar dit tans geleë is, verhuis.
Destyds het Gilbert Hart besluit om ‘n twee-laag verjaardagkoek, met Overstrand Munisipaliteit se wapen daarop, aan Kat Myburgh, Areabestuurder van Gansbaai Munisipaliteit te skenk – ‘n skenking wat ‘n jaarlikse tradisie by hom geword het – vanjaar vir die 19de keer!














